Griep

Posted July 7, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Die “dreaded lurgy” het die familie in sy greep.  Hy hou met altwee hande aan bors en keel en maagspiere vas, en die pyn en lyding en hoes en proes is oorweldigend.

Corle is al van laas Woensdag af nie lekker nie, haar lyf is seer, haar bors is seer en sy het so n lastige hoesie, maar ons het almal gedink dis oor haar werk - in die stof die hele tyd en besem-stoot met mening.

Donderdag-aand se sy haar lyf is baie seer en die myprodol kom uit.  Ek gee toe sommer n paar grippons by vir goeie geluk en Vrydag more lyk sy sommer beter, behalwe vir die seer lyf.

Vrydagaand…..

Johan hoes, Corle hoes, ma voel fine.  Johan se hy het die hele dag hout geskuur en so - en ek dag toe dis maar sommer n rook bors en die stof - min het ek geweet die skrif was aan die muur.

Saterdagmore bel ek die apteek, want toe het ek ook so n nare kuggie en n lam lyfie.  Die apteek laai pakke medisyne af, en ook maar goed, want teen Sondag oggend het die trein my ook getrap.  Man down! 

Op die oomblik is daar 3 wrakke in die huis, dit lyk asof Jeanne en Jaco dit vry gespring het, maar ek het al geleer om nie te vinnig te praat as dit by hulle kom nie. 

Ek is by die werk, ander hoe gaan Tony sy goed gedoen kry, en ja, ek kry myself geweldig jammer.  Ons sal maar sien hoe lank ek uithou.  Die keel is rou, die bors is seer, dis n hoesery en proesery en dit voel asof my kop gaan afval en in die hoek rol … oor die algemeen n stunning dag wat voorle.

Bly warm en gesond - hierdie griep is nie jou maatjie nie!

R

Dis Vrydag - ek is bly!

Posted July 4, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Dis so jammer van ou Stoffie - die feit dat ons nog nie weet nie - ne??  Ek sal nou met nuwe idees voor n dag moet kom om ou Stoffie van geskenke te voorsien…

Die naweek le voor ons.  Geen “great shakes” nie, veral niks so groot soos die Wosonkies se vakansie nie.  Ek gaan bietjie verf en lekker kuier saam met my kinders en my RSM - ek wil rustig by die huis sit en niks doen nie.

Ek het gister tot n baie hartseer besef gekom, luister maar net, geen comments nodig nie - ek wil maar net bietjie afpak.

Ek nooi n pel vir n bier na werk - die RSM gaan polisie werk doen.  Die pel is toe te besig en kan nie gaan nie en ek kom tot die ontstellende besef, ek het geen pelle buite die blog nie.  Daar is niemand wat ek kan bel om n bier te gaan drink of gou by in te loer nie. Ek het die RSM en dis goed - ek geniet sy geselskap en sy vriendskap, maar het n mens nie soms iemand nodig  om n stuk kaas en n chat mee te deel nie?  Iemand wat met jou kan saam gesels oor kinders en mans  en goed.  Ek is soos Plattie nou die dag gese het, essensieel alleen al is daar duisende mense om my.  Dit was hartseer - O, well, dis die lewe neem ek aan.

Genoeg daarvan:

Ek nooi almal om saam met ons te kom kuier op die 24ste Augustus - by die Oorlogs museum in Johannesburg vir n piekniek dag saam met die weermag “bands” en baie, baie vriendelike mense.  Dit gaan R11.00 per persoon kos om in te kom by die museum en dan net jou eie piekniek mandjie en drank.  Ons gaan die dag om kuier - dit sal so lekker wees om almal van julle daar te sien.

Nou ja - dit is my sprak - klaar gesprook.

Lekker naweek vir almal - ry veilig Wosonkies - ons gaan julle mis.

Rachelle

Om te Blog..

Posted June 30, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Ek het altyd gereken om te blog beteken om jou eie gedagtes, etc, etc..  Julle ken mos die storie…

Toe op n dag besef ek, ons is nie een alleen op die planeet nie en dat almal wat blog en gesels en input geen in jou lewe, omdat jy dit ten toon stel vir almal om te lees, n verskil maak - groter as wat ons ooit kan dink.

Saterdag het ons vir BB gaan (probeer) ondersteun by Montana - ek se probeer want die RSM was laat, so ons was laat - maar dit het nie weg gevat van die heerlike groep warm mense en lekker kuier wat ons daar gekry het nie.

Baie dankie aan Anja en Marat (Krista) wat dit gereel het, dankie aan BB dat jy jou dag met ons gedeel het, dit was voorwaar n voorreg.

Dankie aan Diederik en Anja vir n lekker braai en kuier - julle is baie spesiale mense en Stoffel kan nie vra vir n beter of meer liefdevolle Mamma en Pappa nie.

Baie liefde

Rachelle

Selfvertroue

Posted June 26, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Ek het nog altyd geglo dat n mens ver in die lewe kan kom as jy net n goeie selfbeeld het en selfvertroue het baie daarmee te doen.  Nie “smug” nie, maar net n goeie idee van wie jy is en waar jy wil heen.

Ek glo ook dat een klein dingetjie n ou se selfbeeld en jou selfvertroue die wereld se skade kan aandoen - en dan is dit een merske stryd om dit weer te herwin.

Hier is my selfvertroue storie:

Toe ek hier by Econometrix begin werk het, die tweede week se eerste dag, moes ek my baas Jetpark toe vat.  Ek dink die onheilige ondervinding het ek hier gedokumenteer in kleur met klank.  Ek het toe al geweet dis n ding wat elke 3 maande sou gebeur en het myself daarteen gestaal.  In die geval waar ek so ongoddelooslik verlore raak soos daardie dag, ry ek die pad weer n slag - die regte pad natuurlik - net om seker te maak dat ek myself nie weer in so n situasie bevind nie, want ek haat dit om verloor te wees.

Gister - gister moes ek toe weer die pad Jetpark toe aandurf, maar sonder dat ek die regte pad eers verken het, soos ek myself vir 3 maande belowe het ek sou.  Ek bid toe die vorige nag om en slaap omtrent nie, van skone vreesbevange angs oor die pad wat my van my selfbeeld beroof het.  Gister oggend neem ek toe soveel voorsorg as moontlik, maar niks kon my voorberei op die feit dat as ek die eerste keer gelees het, ek die pad sonder enige moeite sou kry nie.  Ek was plein stupid.

Gister het ek toe my “ry-selfvertroue” terug.  Met baie gebed mind you, maar nou weet ek, as jy kan lees kan jy kook en as jy kan lees kan jy ry!!

AF ARM UPDATE:  Met die skouer gaan dit baie beter.  Johan sou vandag in n groot Infantarie parade gewees het as RSM and all, maar vanoggend het hy tot sy spyt agter gekom hy kan nog nie salueer nie, en dit is ongelukkig n voor vereiste van die hele dril-ding.  Needless to say, die ou se moraal is maar bietjie laag, maar hy kan darem Army-Army speel al mag hy nie op en af masjeer nie.

Mooi bly, praat weer

 

Af-arm Update…

Posted June 19, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Vanoggend gaan dit beter! 

Pa voel beter, ma voel beter. 

Nog nuus:

JEANNE HET WERK GEKRY!!! 

Ons is almal verskriklik opgewonde - sy begin volgende kwartaal en haar ogies straal.

Nou gaan ek gou bietjie werk - praat more-oggend weer.

 

Koeks

 

 

Eina Pyn!

Posted June 18, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

My arme man het sy arm, eintlik sy skouer, baie seer gemaak.  Hoe het ons nou nog nie vasgestel nie, maar dat die ou in pyn is is nie eers snaaks nie.

Saterdag aand kla die man steen en been en ek gee maar Myprodol (die antwoord op elke vraag)!!

Sondag is dit nog nie beter nie, maar die dokter is op lang naweek en nog Myprodol word voorskryf deur die suster (lees ma) aan diens.

Maandag nag, niks geslaap nie, want pa kan nie op die sy le nie.

Gisteroggend bel ek die dokter en sy se dit klink soos inflamasie (klink soos iets wat my ouma sou se) van die joint in die skouer.   Daar  waar al wat n spier en n been aanmekaar geplak is.  Pa se, ja, dis hoe dit voel, behalwe, op die stadium val alles uitmekaar.  Die dokter se die beste sou dan ook wees as hy onmiddelik vir haar kom sien sodat hulle dit kan uitsorteer.  Johan se nee, hy sal maar kyk hoe lyk dit Woensdag - famous blerrie last words…

Laas nag was n nag - soos Hilda se - ek het nie n oog op mekaar gesit nie.  Ek het hom 10uur in die bed gesit met cataflam en ingevryfde skouer - 12uur is die man op en loop die gang op en af.

Die worshond hardloop agtera “Pappa, Pa, waa gan jy, ons moet slaap - O, OK, kombuis toe, dan is dit seker tyd vir melk” - so hop Junior op en af in die gang - en ma is wakker.

Na 12uur - geen rus in die huis nie.  As Pa roer is Junior by en wikkel die lyfie van skone blydskap oor Pa regtig, egtig wakker is en is daar dan nie nog n lekseltjie melk nie…

Vanoggend het die dokter nog skaars haar jis op die stoel gesit, toe plak pa sy jis oorkant haar vas.  Genoeg is nou genoeg!! (Kan julle my stemmetjie daarin hoor??).  Die dokter spreek toe haar woord en wragtag - Inflamasie van die skouer se aanmekaarkomdinggedeelte!  Dis mos wat ek ook gese het.

Nou is hy huistoe gestuur met streng instruksie om homself stil te gedra.  Ons sal maar sien - ek kan myself nie regtig so n prentjie indink nie, maar ons hoop maar vir die beste.  Solank ek net vanaand kan slaap - seblief, en nie weer die “dit brand soos n kool vuur en dit klop so - ”met vingers in die lug - julle weet mos” - aanhoudend - storie moet aanhoor nie (veral nie 4uur in die more nie).

Ek hoop julle weke verloop effe minder kloppend en brandend…

Suster Potgieter

 

In Memoriam…

Posted June 11, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

My hart is so seer…

My vriendin, Di, se susters-kind is net voor 12uur laas nag oorlede aan n baie agressiewe vorm van kanker wat haar liggaampie opgevreet het.

Di, ek en my familie dink aan jou en jou suster in hierdie verskrilike tyd.  Courtney is regtig op n beter plek.  Ek weet julle gaan deur baie diep water, maar ek weet ook dat, selfs in julle heel donkerste tye, julle die Here gevra het vir die beste vir Courtney. 

Sterkte vir julle, ek bid vir vrede en dat julle almal haar met glimlagte sal onthou.  Ek weet ek sal.

Rachelle

 

3-Talk vanaand…

Posted June 10, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

 

Vanaand is dit ons en Noeleen van 3-Talk.  Tony gaan vir mense vertel wat die Ekonomie beteken vir gewone mense.

Ons gaan messe en gif uitdeel voor die tyd… Dit lyk nie goed as n mens na die olie kyk nie, 1c af en $3 op.  Ons raak opgewonde oor die geringste ou veranderingkie - klein goedjies hou ons gelukkig - hehehe.

Vandag is besig - ons het twee “buite-vergaderings” en dit beteken twee presentations.  Dis maar n besige dag.

Ek hoop julle s’n is pragtig.  Praat weer more-oggend.

Groete, en sien julle op 3-Talk met Noeleen vanaand - do join me…

R

Alles kan in ‘n oogwenk verander:

Posted June 9, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Ek het n vriendin wat besig is om haar 9-jarige susters-kind aan kanker af te staan.  Die dogtertjie is op haar heel laaste en ons verwag slegte nuus elke keer as die foon lui.

Vir Dianne wil ek vandag se, ek is lief vir jou.  Ek weet jou hart is onmenslik seer en dat jy elke oomblik bid dat sy “gehaal” moet word.  Ek weet ook dat jy haar liefhet - die Here sal jou die krag gee om te cope en ek sal bid…

Hierdie wil ek graag onthou:  (Dankie Jeannie)

Alles kan in ‘n oogwenk verander.
Want God werk op vreemde wyses.
Sy weë is nie ons weë nie.
Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie.
Sy tyd is nie ons tyd nie.

Daarom moet jy:

Diep dink
Saggies praat
Baie liefhê
Vriendelik wees
Gereeld lag
Blymoedig gee
Opreg bid
Hard werk
Voluit lewe.

Want elkeen wat goed lewe,
Lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken
In jare, dae of ure nie……….

Onthou veral:

Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie.

Daarom is dit nou tyd dat ons …
Met sagte hande aan mekaar begin vat …

Aan elkeen wat liefde nodig het, kyk rond,

Daar is iemand wat het om te gee…

Rachelle

 

Veels Geluk liewe Corlétjie-kind!!

Posted June 6, 2008 by Rachelle Potgieter
Categories: Uncategorized

Baie geluk met jou verjaardag my pragtige kind.  Jy het ons al soveel vreugde besorg in die laaste 18 jaar - ek kan nie glo dis al so lank nie.

Dankie vir jou liefde, jou mal-kop malligheid, jou huil en hartseer en jou pragtige mooi-mens wees.  Jy maak my hart vol!!

Baie liefde en n mooi dag muis.

Mamma en Pappa